16 Ek sal ’n vuur aansteek in Mitzrayim: Sin sal bewe van angs, No sal oopgebreek word en Nof sal daagliks angs hê!
17 Die jongmanne van On en Pi-Veset sal deur die swaard val en die vroue sal in gevangeskap gaan.
18 In Tagpanges sal die dag donker wees wanneer Ek daar die jukke van Mitzrayim verbreek. Dan sal die trots van haar mag in haar ophou; ’n wolk sal haar oordek en haar dogters sal in gevangeskap gaan.
19 So sal Ek oordeel voltrek in Mitzrayim en hulle sal weet dat Ek יהוה is.”’”
20 In die elfde jaar, in die eerste maand, op die sewende van die maand, het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:
21 “Seun van ’n mens, Ek het die arm van Farao, koning van Mitzrayim, gebreek en let op, dit is nie verbind tot genesing of toegedraai met ’n verband sodat dit sterk kan wees om die swaard vas te hou nie.
22 יהוה-God sê daarom: ‘Let op, Ek is teen Farao, koning van Mitzrayim en sal sy arms breek, beide die sterk en die gebreekte een en Ek sal die swaard uit sy hand laat val.