2 “Seun van ’n mens, profeteer en sê: ‘So sê יהוה-God: “Huil, ‘wee die dag,’
3 want die dag is naby, die dag van יהוה is naby; dit sal ’n dag wees van wolke; ’n tyd vir die nasies.
4 ’n Swaard sal op Mitzrayim kom en daar sal angs in Kush wees wanneer die neergeslaandes in Mitzrayim val, hulle vat haar rykdom weg en haar fondamente word afgebreek.
5 Kush, Put, Lud, al die gemengde nasies (Arabië), Kuv en die mense van die lande daarmee verbonde sal saam met hulle val deur die swaard.”
6 So sê יהוה: “Die wat Mitzrayim ondersteun sal beslis val en die trots van haar krag sal afkom; vanaf Migdol tot by S’venah sal hulle in haar val deur die swaard,” verklaar יהוה-God.
7 Hulle sal verlate wees tussen die verlate lande en haar stede sal tussen die verwoeste stede wees.
8 Hulle sal weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek ’n vuur aansteek in Mitzrayim en al haar helpers gebroke is.