1 In die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste van die maand, het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:
2 “Seun van ’n mens, sê vir Farao, koning van Mitzrayim en aan sy menigtes: ‘Soos wie is jy in jou grootheid?
3 Let op, Ashur was ’n seder op die L’vanon met mooi takke, ’n skaduryke bos, baie hoog en sy top was tussen die wolke.
4 Die waters het hom laat groei, die diepte het hom hoog gemaak. Met sy riviere het hy aanhoudend uitgebrei reg rondom die plek waar hy geplant was en sy kanale uitgestuur na al die bome van die veld;
5 daarom was sy hoogte hoër as al die bome van die veld en het sy lote baie geword en sy takke lank, as gevolg van baie waters terwyl hy hulle uitsprei.
6 Al die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke en al die wilde diere van die veld het geboorte gegee onder sy lote en al die groot nasies het onder sy skaduwee geleef.