2 “Seun van ’n mens, profeteer teen die herders van Yisra’el. Profeteer en sê vir daardie herders: ‘So sê יהוה-God: “Wee die herders van Yisra’el wat hulleself gevoed het! Moet die herders nie die skape voer nie?
3 Julle eet die vet en trek julle aan met die wol; julle slag die vettes, sonder om die trop te voed.
4 Die wat sieklik is, het julle nie versterk nie en die siekes nie gesond gemaak nie, die gebrokenes nie opgebind, die verstrooides nie teruggebring nie en ook nie gaan soek na die wat verlore is nie, maar met mag en met strengheid het julle hulle gedomineer.
5 Hulle is verstrooi omdat daar geen herder was nie en hulle het kos geword vir al die wilde diere van die veld en is verstrooi.
6 My skape het rondgedwaal op al die berge en op elke hoë heuwel; My trop is verstrooi oor die hele oppervlak van die aarde en daar was niemand om te soek of te vra na hulle nie;”’”
7 daarom, julle herders, hoor en doen die woord van יהוה:
8 “So waar as Ek leef,” verklaar יהוה-God, “omdat My skape ’n prooi geword het, selfs kos vir al die wilde diere van die veld, weens die gebrek aan ’n herder en My herders nie na My skape gesoek het nie, maar die herders hulleself gevoed en nie My skape gevoed het nie,