20 יהוה-God sê daarom vir hulle: “Let op, Ek, ja Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.
21 Omdat hulle met sye en skouers stoot en met hulle horings na al die swakkes stamp totdat hulle hul na buite verstrooi het,
22 sal Ek My skape bevry en hulle sal nie langer ’n prooi wees nie en Ek sal oordeel tussen een skaap en ’n ander,Yog 10:11; Open 7:17
23 dan sal Ek een Herder oor hulle aanstel, My Dienskneg Dawid en hy sal hulle voed; Hy sal hulle self voed en hulle Herder wees.
24 Ek, יהוה, sal hulle God wees en My Kneg, Dawid, sal ’n Prins onder hulle wees; Ek, יהוה, het gepraat.
25 Ek sal ’n verbond van vrede met hulle sluit en die skadelike diere uit die land uitskakel sodat hulle veilig in die wildernis kan bly en slaap in die woude.
26 Ek sal hulle en die plekke rondom My heuwel ’n seën maak en Ek sal stortreëns laat afkom in sy seisoen; dit sal stortreëns van seën wees.