26 Ek sal hulle en die plekke rondom My heuwel ’n seën maak en Ek sal stortreëns laat afkom in sy seisoen; dit sal stortreëns van seën wees.
27 Die bome van die veld sal ook hulle vrugte gee en die grond sy opbrengs en hulle sal veilig wees in hul land, dan sal hulle weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek die skeie van hulle juk stukkend gebreek en hulle bevry het uit die hand van die wat hulle slawe gemaak het.
28 Hulle sal nie langer ’n prooi vir die nasies wees nie en die diere van die aarde sal hulle nie verslind nie, maar hulle sal veilig bly en niemand sal hulle bang maak nie.
29 Ek sal vir hulle ’n plantasie van vrede oprig en hulle sal nie weer slagoffers wees van hongersnood in die land nie en hulle sal nie meer die beledigings van die nasies hoef te verdra nie,
30 dan sal hulle weet dat Ek, יהוה, hulle God, by hulle is en dat hulle, die huis van Yisra’el, My volk is,” verklaar יהוה-God.
31 Wat julle betref, My skape, die skape van My weiveld; julle is mense en Ek is julle God,” verklaar יהוה-God.