12 Ja, Ek sal mense, My volk Yisra’el, op julle laat loop en jul besit sodat julle hul erfenis kan word en hulle nooit weer van kinders ontneem nie.’
13 So sê יהוה-God: ‘Omdat hulle vir julle sê: “Jy is ’n mensvreter en het jou nasie van kinders beroof,”
14 sal jy daarom nie meer mense verteer en nie langer jou nasie van kinders ontneem nie,’ verklaar יהוה-God.
15 Ek sal nie meer dat jy beledigings vanaf die nasies hoor nie en ook nie vernedering van die volke af verdra nie en jy sal ook nie langer jou nasie laat struikel nie,” verklaar יהוה-God.’”
16 Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:
17 “Seun van die mens, toe die huis van Yisra’el in hulle eie land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul lewenswyse en hul dade; hulle lewenswyse voor My was soos die onreinheid van ’n vrou in haar onreinheid;
18 daarom het Ek My toorn oor hulle uitgegiet, vir die bloed wat hulle in die land vergiet het, want hulle het dit met hul afgode onteer.