19 Ek het hulle ook verstrooi onder die nasies en hulle is versprei deur die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul lewenswyse en hul dade.Yes 52:5; Rom 2:24 omdat dit van hulle gesê is: ‘Hierdie is die volk van יהוה; nogtans het hulle uit Sy land uitgegaan.’
20 Toe hulle by die nasies kom waarheen hulle gegaan het, het hulle My afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit) onteer
21 Ek het egter omgegee vir My afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit), wat die huis van Yisra’el onteer het onder die nasies waarheen hulle gegaan het;
22 daarom, sê vir die huis van Yisra’el: ‘So sê יהוה-God: “Dit is nie om julle ontwil, o huis van Yisra’el, dat Ek op die punt is om op te tree nie, maar ter wille van My afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit), wat julle onteer het onder die nasies waarheen julle gegaan het.
23 Ek sal die afgesonderdheid van My groot Naam herwin wat onder die nasies onteer is, wat julle tussen hulle onteer het, dan sal die nasies weet dat Ek יהוה is,” verklaar יהוה-God, “wanneer Ek Myself tussen julle afgesonderd bewys voor hul oë,
24 want Ek sal julle uit die nasies uithaal, julle uit al die lande bymekaarmaak en julle in jul eie land bring;Heb 10:22
25 dan sal Ek skoon water op julle sprinkel en julle sal skoon wees; Ek sal julle van al jul vuilheid en van al jul afgode reinig.