28 Julle sal in die land wat Ek vir jul voorvaders gegee het bly; so sal julle My volk wees en Ek sal julle God wees.
29 Verder sal Ek julle red van al jul onreinheid en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig en Ek sal nie ’n hongersnood op julle bring nie.
30 Ek sal die vrugte van die bome en die opbrengs van die veld vermenigvuldig sodat julle nie weer die vernedering van hongersnood tussen die nasies ontvang nie;
31 dan sal julle jul bose lewenswyses en julle dade wat nie goed was nie, onthou en julle sal vir julleself walglik wees in julle eie oë vir jul onregverdighede en oor jul verwerplikhede.
32 Ek doen dit nie om julle ontwil nie,” verklaar יהוה-God; “laat dit aan julle bekend wees! Skaam julle en wees oorbluf oor julle lewenswyse, o huis van Yisra’el.”
33 So sê יהוה-God: “In die dag dat Ek julle reinig van al jul onregverdighede, sal Ek die stede laat bewoon en die puinhope sal opgebou word.
34 Die verlate land sal bewerk word, in plaas dat dit ’n verlatenheid is in die oë van almal wat verbygaan.