1 Die hand van יהוה was op my en Hy het my uitgebring deur die Gees van יהוה en my neergesit in die middel van die vallei en dit was vol bene.
2 Hy het my by hulle laat verbygaan reg rondom; ’n groot menigte oor die oppervlakte van die vallei en let op, hulle was baie droog.
3 Hy het vir my gesê: “Seun van ’n mens, kan hierdie bene lewe?” Ek het geantwoord: “יהוה-God, U weet.”
4 Weer sê Hy vir my: “Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: ‘Droë bene, hoor en luister na die woord van יהוה!’
5 So sê יהוה-God vir hierdie bene: “Let op, Ek sal asem in julle laat ingaan sodat julle lewendig kan word.
6 Ek sal senings aan julle sit, vlees oor julle laat teruggroei, julle oordek met vel en asem in julle gee sodat julle lewendig kan word en julle sal weet dat Ek יהוה is.’”
7 Ek het profeteer soos ek beveel is en soos ek profeteer, was daar ’n geluid en let op, ’n geratel; die bene het bymekaargekom, been by sy been.