21 Sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Let op, Ek sal die seuns van Yisra’el uithaal van tussen die nasies waarheen hulle gegaan het en Ek sal hulle van alle kante af bymekaarmaak en hulle in hul eie land bringHos 2:2
22 en Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Yisra’el en een Koning sal vir hulle almal Koning wees en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en nie verder in twee koninkryke verdeeld wees nie.Yir 31:33
23 Hulle sal hulself nie meer onrein maak met hulle afgode of met hulle verwerplike dinge of met enige van hulle oortredinge nie, maar Ek sal hulle bevry uit al hulle blyplekke waarin hulle gesondig het en sal hulle reinig. Hulle sal My volk wees en Ek sal hulle God wees.Yog10:16 en hulle sal in My wette loop en My instellings onderhou en hulle gehoorsaam.Hos 3:5
24 My Dienskneg Dawid sal Koning oor hulle wees, hulle sal almal een Herder hê
25 Hulle sal woon in die land wat Ek vir Ya’akov, My dienskneg, gegee het, waar julle vaders gewoon het en húlle sal daarin woon, hulle en hulle kinders en hulle kindskinders vir ewig en Dawid, My Dienskneg sal hulle Prins wees vir ewig.Yes 60:13,14
26 Ek sal ’n verbond van vrede met hulle sluit; dit sal ’n ewige verbond met hulle wees en Ek sal hulle vermenigvuldig en Ek sal My Afgesonderde Plek in hulle midde opstel vir ewig.Yir 31:33; 2 Kor 6:16; Open 21:3
27 My blyplek sal ook by hulle wees en Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk wees