23 Hulle sal hulself nie meer onrein maak met hulle afgode of met hulle verwerplike dinge of met enige van hulle oortredinge nie, maar Ek sal hulle bevry uit al hulle blyplekke waarin hulle gesondig het en sal hulle reinig. Hulle sal My volk wees en Ek sal hulle God wees.Yog10:16 en hulle sal in My wette loop en My instellings onderhou en hulle gehoorsaam.Hos 3:5
24 My Dienskneg Dawid sal Koning oor hulle wees, hulle sal almal een Herder hê
25 Hulle sal woon in die land wat Ek vir Ya’akov, My dienskneg, gegee het, waar julle vaders gewoon het en húlle sal daarin woon, hulle en hulle kinders en hulle kindskinders vir ewig en Dawid, My Dienskneg sal hulle Prins wees vir ewig.Yes 60:13,14
26 Ek sal ’n verbond van vrede met hulle sluit; dit sal ’n ewige verbond met hulle wees en Ek sal hulle vermenigvuldig en Ek sal My Afgesonderde Plek in hulle midde opstel vir ewig.Yir 31:33; 2 Kor 6:16; Open 21:3
27 My blyplek sal ook by hulle wees en Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk wees
28 en die nasies sal weet dat Ek יהוה is wat Yisra’el afsonder, wanneer My Afgesonderde Plek vir ewig in hulle midde sal wees.”’”