25 Hulle sal woon in die land wat Ek vir Ya’akov, My dienskneg, gegee het, waar julle vaders gewoon het en húlle sal daarin woon, hulle en hulle kinders en hulle kindskinders vir ewig en Dawid, My Dienskneg sal hulle Prins wees vir ewig.Yes 60:13,14
26 Ek sal ’n verbond van vrede met hulle sluit; dit sal ’n ewige verbond met hulle wees en Ek sal hulle vermenigvuldig en Ek sal My Afgesonderde Plek in hulle midde opstel vir ewig.Yir 31:33; 2 Kor 6:16; Open 21:3
27 My blyplek sal ook by hulle wees en Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk wees
28 en die nasies sal weet dat Ek יהוה is wat Yisra’el afsonder, wanneer My Afgesonderde Plek vir ewig in hulle midde sal wees.”’”