14 Selfs sewe maande daarna sal daar manne wees wat voortdurend deur die land gaan en die wat bo-op die grond oorgebly het begrawe, om dit te reinig.
15 Elkeen wat deur die land trek, enige een wat ’n mensebeen sien, sal ’n merkteken daarby opsit totdat die begrawers dit begrawe het in die vallei van Hamon-Gog.
16 Selfs die naam van die stad sal Hamonah wees. So sal hulle die land reinig.”’Yir 7:33
17 Jy, seun van ’n mens, so sê יהוה-God: ‘Praat met elke soort voël en met elke soort wilde dier van die veld: “Vergader en kom, versamel vanaf elke kant by My offer wat Ek vir julle gaan offer, as ’n groot offer op die berge van Yisra’el dat julle vlees mag eet en bloed drink!
18 Julle sal die vlees van die magtige manne eet en die bloed van die prinse van die aarde drink, asof ramme, lammers, bokke, bulle, almal vetgemaakte diere van Bashan.Lev 3:17
19 Julle sal vet eet totdat julle oorversadig is en bloed drink totdat julle dronk is, van My offer wat Ek vir julle geoffer het.
20 Julle sal aan My tafel ooreet wees aan perde en hulle ruiters, aan magtige manne en alle soorte krygsmanne,” verklaar יהוה-God.