7 Ek sal My afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit) bekendmaak te midde van My volk Yisra’el en Ek sal nie dat My afgesonderde Naam meer onteer word nie en die nasies sal weet dat Ek יהוה is, die Afgesonderde Een in Yisra’el.
8 Let op, dit kom en dit sal gedoen word,” verklaar יהוה-God. “Dít is die dag waarvan Ek gepraat het;
9 dan sal die inwoners van die stede van Yisra’el uitgaan en vuur maak met die wapens en hulle brand, beide klein en groot skilde, boë en pyle, knopkieries en spiese en hulle sal daarmee vuur maak vir sewe jaar lank.
10 Hulle sal nie hout uit die veld vat of vuurmaakhout in die woude bymekaarmaak nie, want hulle sal vuurmaak met die wapens en hulle sal die buit vat van dié wat hulle buit gevat het en die plunder vat van dié wat hulle geplunder het,” verklaar יהוה-God.
11 Op daardie dag sal Ek vir Gog ’n begraafplaas daar in Yisra’el gee, die vallei van dié wat aan die oostekant van die see verbytrek en dit sal die wat deurtrek blokkeer. Daar sal hulle vir Gog begrawe en sy hele menigte en hulle sal dit noem: die vallei van Hamon-Gog.
12 Die huis van Yisra’el sal sewe maande lank besig wees om hulle te begrawe om die land te reinig.
13 Al die mense van die land sal hulle begrawe en dit sal tot hulle roem wees, die dag as Ek Myself loof en vereer,” verklaar יהוה-God.