9 Onder hierdie kamers was die ingang aan die oostekant, soos jy hulle binnegaan vanaf die buitenste hof.
10 In die dikte van die muur van die hof, na die ooste toe, wat kyk na die afsonderlike area en die bouwerk, was daar kamers.
11 Die pad voor hulle het gelyk soos die kamers wat aan die noordekant was, volgens hulle lengte, so was hulle breedte en al hulle uitgange was beide volgens hulle indelings en openinge.
12 Ooreenstemmend met die openinge van die kamers wat in die suide was, was daar ’n opening aan die kop van die gang, die gang voor die muur in die rigting van die ooste, soos ’n mens by hulle ingaan.
13 Toe het hy vir my gesê: “Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat oorkant die afsonderlike area is, is die afgesonderde kamers waar die priesters wat naby יהוה is, die mees afgesonderde dinge sal eet. Daar moet hulle die mees afgesonderde dinge neersit: die graanoffer, die sondoffer en die oortredingsoffer, want die plek is afgesonderd.
14 Wanneer die priesters ingaan, dan mag hulle nie uit die Afgesonderde Plek uitgaan na die buitenste hof, sonder om hulle klere, waarin hulle bedien, daar neer te sit nie, want hulle is afgesonderd. Hulle moet ander klere aantrek en dan naderkom aan wat vir die volk bestem is.”
15 Toe hy klaar die binneste huis opgemeet het, het hy my deur die poort wat na die ooste kyk uitgebring en dit reg rondom gemeet.