1 Wanneer julle die land deur die lot vir erfenisse verdeel, moet julle ’n deel aan יהוה offer, ’n afgesonderde deel van die land; die lengte moet vyf en twintig duisend el wees en die breedte twintig duisend. Dit sal afgesonderd wees binne sy grense reg rondom.
2 Hieruit moet daar vir die Afgesonderde Plek ’n vierkant wees van vyf honderd by vyf honderd el en vyftig el vir sy oop spasie reg rondom.
3 Vanaf hierdie stuk moet jy ’n lengte van vyf en twintig duisend el en ’n breedte van tien duisend el uitmeet en daarin moet die Afgesonderde Plek en die Mees Afgesonderde Plek wees.
4 Dit moet die afgesonderde deel wees van die land; dit moet vir die priesters wat die Afgesonderde Plek bedien, wat naderkom om יהוה te bedien, wees en dit moet vir hulle ’n plek wees vir hulle huise en ’n afgesonderde plek vir die Afgesonderde Plek.
5 Vyf en twintig duisend el in lengte en tien duisend el in breedte sal vir die Leviete wees, die bedienaars van die huis, as besitting vir hulle; stede om in te bly.