22 Op daardie dag moet die prins vir homself en vir die hele volk ’n bul voorsien as ’n sondoffer.
23 Tydens die sewe dae van die fees moet hy daagliks ’n brandoffer aan יהוה voorsien: sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek en daagliks ’n bokram as sondoffer.
24 Hy moet as graanoffer ’n efa vir ’n bul en ’n efa vir ’n ram en ’n hin olie vir ’n efa voorsien.
25 In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, by die fees, moet hy so voorsien: sewe dae vir die sondoffer, die brandoffer en die graanoffer en die olie.”