10 Dit sal gebeur dat vissers langs dit sal staan; vanaf `Ein-Gedi tot by `Ein-`Eglayim sal daar ’n plek wees vir die uitsprei van nette. Hulle visse sal volgens hulle spesies wees, soos die visse van die Groot See, vreeslik baie,
11 maar sy moerasse en vleie sal nie vars word nie: hulle sal vir sout gelos word.Yes 27:12; Ps 1:3; Ps 144:12
12 By die rivier, op sy walle, aan die een kant en aan die ander, sal allerhande bome groei vir kos. Hulle blare sal nie verdor en die vrugte nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want hulle water vloei vanaf die Afgesonderde Plek en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare vir genesing.”
13 So sê יהוה-God: “Hierdie sal die grense wees waardeur julle die land sal verdeel as erfenis tussen die twaalf stamme van Yisra’el; Yosef moet twee porsies kry.
14 Julle moet dit verdeel as ’n erfenis, elkeen gelyk met die ander, want Ek het gesweer om dit vir julle voorvaders te gee en hierdie land moet julle as erfenis toeval.
15 Hierdie moet die grens van die land wees: aan die noordekant vanaf die Groot See, met die pad na Hetlon, tot by die ingang van Tz’dad;
16 Hamat, Berotah, Sibrayim, wat tussen die grens van Dammesek en die grens van Hamat lê, Hatzar-Hatokhon, wat by die grens van Havran is.