19 Die suidekant na die suide toe sal strek vanaf Tamar tot by die waters van M’rivot-Kadesh, na die spruit van Mitzrayim tot by die Groot see. Hierdie is die suidekant na die suide toe.
20 Die westekant sal die die Groot see wees, vanaf die suidelike grens tot by ’n punt oorkant die ingang van Hamat. Dit is die westekant.
21 Julle moet hierdie land tussen julle verdeel volgens die stamme van Yisra’el.
22 Julle moet dit deur die lot verdeel as ’n erfenis tussen julleself en die vreemdelinge wat in julle midde bly, wat seuns voortbring tussen julle en hulle sal vir julle wees soos ’n kind van die land tussen die seuns van Yisra’el; hulle moet ’n erfenis toegestaan word saam met jou onder die stamme van Yisra’el.
23 In die stam waarin die vreemdeling bly, daar moet julle hom sy erfenis gee,” verklaar יהוה-God.