25 langs die grens van Shim’on, vanaf die oostekant tot by die westekant: Yissakhar, een deel;
26 langs die grens van Yissakhar, vanaf die oostekant tot by die westekant: Z’vulun, een deel;
27 langs die grens van Z’vulun, vanaf die oostekant tot by die westekant: Gad, een deel;
28 langs die grens van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees vanaf Tamar na die waters van M’rivat-Kadesh, na die spruit van Mitzrayim tot by die Groot see.
29 Hierdie is die land wat julle as erfenis moet verdeel tussen die stamme van Yisra’el en dit is hulle gedeeltes,” verklaar יהוה-God.
30 “Hierdie is die uitgange van die stad: aan die noordekant, vier duisend vyf honderd el uitgemeet,Open 21:12,13
31 sal die poorte van die stad wees, genoem volgens die name van die stamme van Yisra’el; drie poorte aan die noorde: die poort van Re’uven, een; die poort van Y’hudah, een; die poort van Levi, een.