7 langs die grens van Re’uven, vanaf die oostekant tot by die westekant: Y’hudah, een deel;
8 langs die grens van Y’hudah, vanaf die oostekant tot by die westekant, moet die toedeling wees wat julle moet afsonder: vyf en twintig duisend el breed en net so lank soos een van die dele, vanaf die oostekant tot by die westekant en die Afgesonderde Plek moet in die middel daarvan wees.
9 Die toedeling wat julle tot יהוה moet afsonder, moet vyf en twintig duisend el lank wees en tien duisend breed.
10 Die afgesonderde toedeling sal wees vir die priesters: teen die noorde vyf en twintig duisend el in lengte, teen die weste tien duisend in breedte, teen die ooste tien duisend in breedte en teen die suide vyf en twintig duisend in lengte en die Afgesonderde Plek van יהוה moet in die middel daarvan wees.1 Kro 29:22 wees, wat My bevele onderhou het, wat nie afgedwaal het toe die seuns van Yisra’el afgedwaal het saam met die Leviete nie.
11 Dit moet vir die priesters wat afgesonder is, die seuns van Tzadok,
12 Dit moet ’n toedeling aan hulle wees vanuit die toedeling van die land, ’n mees afgesonderde plek, by die grens van die Leviete.
13 Langs die grens van die priesters moet die Leviete vyf en twintig duisend el in lengte en tien duisend in breedte kry. Die hele lengte moet vyf en twintig duisend wees en die breedte tien duisend.