1 Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:
2 “Seun van ’n mens, draai jou gesig teen die berge van Yisra’el en profeteer teen hulle
3 en sê: ‘Berge van Yisra’el, hoor en luister na die woord van יהוה-God! So sê יהוהGod vir die berge, die heuwels, die klowe en vir die valleie: “Let op, Ek gaan self ’n swaard oor julle bring en Ek sal julle hoë plekke vernietig.
4 So sal julle altare verlate word en julle wierook altare stukkend gebreek word en Ek sal die wat uit julle doodgemaak is, voor julle afgode laat val.
5 Ek sal ook die lyke van die seuns van Yisra’el voor hulle afgode neerlê en julle beendere rondom julle altare strooi.