5 Ek sal ook die lyke van die seuns van Yisra’el voor hulle afgode neerlê en julle beendere rondom julle altare strooi.
6 In al julle blyplekke sal stede verwoes word en die hoë plekke verlate wees sodat julle altare verwoes en verlate mag word, julle afgode verbreek en tot ’n einde gebring word, julle wierook altare omgekap en julle werke uitgewis word.
7 Die wat doodgeslaan is, sal onder julle val en julle sal weet dat Ek יהוה is.
8 Ek sal egter ’n oorblyfsel los, want julle sal hulle hê wat die swaard ontvlug tussen die nasies, wanneer julle verstrooi is tussen die lande.
9 Dan sal dié wat uit julle ontvlug het, My onthou tussen die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, hoe Ek deur hulle hoererende verstand, wil en emosie, wat van My af weggedraai het en deur hulle oë wat agter hulle afgode aan hoereer het, seergemaak is en hulle sal hulself verag in hul eie oë weens die booshede wat hulle gedoen het, vir al hulle verwerplikhede.
10 Dan sal hulle weet dat Ek יהוה is; Ek het nie tevergeefs gesê dat Ek hierdie ramp oor hulle sal bring nie.’”
11 So sê יהוה-God: ‘Klap jou hand en stamp jou voet en sê: “Wee, as gevolg van al die bose verwerplikhede van die huis van Yisra’el, wat deur swaard, hongersnood en plaag gaan val!