11 Dit is ’n verlatenheid gemaak; verlate treur dit voor My; die hele land is verlate gemaak omdat daar niemand is wat daarvoor omgee nie.
12 Op al die kaal heuwels in die wildernis het vernietigers gekom, want ’n swaard van יהוה verteer van die een kant van die land tot die ander; daar is geen vrede vir enige iemand nie.
13 Hulle het koring gesaai en dorings gemaai; hulle het hulself uitgeput vir geen wins nie, maar wees beskaamd oor julle oes, vanweë die ernstige woede van יהוה.”
14 So sê יהוה: “Aangaande al My bose bure wat slaan na die erfenis wat Ek vir My volk Yisra’el gegee het: let op, Ek is op die punt om hulle vanuit hul land te ontwortel en sal die huis van Y’hudah tussen hulle uit ontwortel.
15 Dit sal gebeur nadat Ek hulle ontwortel het, dat Ek weer vir hulle sal omgee en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land.Yes 19:23-25
16 Dan, as hulle regtig die lewenswyses van My volk sal leer, om te sweer by My Naam (Karakter en Outoriteit): ‘So waar as יהוה leef,’ soos hulle My volk geleer het om te sweer by Ba’al, sal hulle tussen My volk opgebou word,
17 maar as hulle nie wil luister nie en dit nie doen nie, dan sal Ek dié nasie ontwortel en dit vernietig,” verklaar יהוה.