7 Ek sal verwoesters teen jou afsonder, elkeen met sy wapens en hulle sal jou keur seders afkap en in die vuur gooi.
8 Baie nasies sal by hierdie stad verbygaan en die een aan die ander vra: ‘Waarom het יהוה so gedoen aan hierdie groot stad?’
9 Dan sal hulle antwoord: ‘Omdat hulle die verbond van יהוה, hulle God, verlaat het en voor ander gode neergebuig en dié gedien het.’”
10 Moenie huil of rou oor die wat dood is nie, maar huil aanhoudend vir die een wat weggaan, want hy sal nie weer terugkom of die land van sy geboorte sien nie,
11 want so sê יהוה aangaande Shallum, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, wat in die plek van sy vader Yoshiyahu koning geword het, wat uit hierdie plek uitgegaan het: “Hy sal nooit hierheen terugkom nie,2 Kon 23:31-34
12 maar in die plek waarheen hulle hom as gevangene weggevoer het, daar sal hy sterf en nie hierdie land weer sien nie.
13 Wee hom wat sy huis bou sonder onpartydige opregtheid en sy boonste kamers sonder regverdige oordeel; wat sy naaste se dienste gebruik sonder betaling en nie vir hom sy loon gee nie;