1 Job het weer gepraat:
2 “Hoe het julle nou die swakke gehelp? Hoe het julle die kragtelose gered?
3 Hoe het julle my onnoselheid verlig!Hoeveel wyshede het julle kwytgeraak!
4 Vir wie het julle al hierdie dinge gesê? Wie se gees praat deur julle?
5 Die dooies bewe,hulle wat onder die water woon.
6 God weet wat daar in die onderwêreld gebeur.Hy kyk tot in die plek van verwoesting.
7 God strek die noordelike lugruim oor leë ruimtesen hang die aarde op aan niks.
8 Hy rol die reën op in dik wolke,maar as hulle swaar is, skeur hulle nie.
9 Hy bedek die gesig van die volmaan en sprei wolke daaroor.
10 Hy het die horison geskep deur die waters te skei.Hy stel grense vir die dag en die nag.
11 Die fondamente van die hemel bewe,hulle is verstom as Hy hulle bestraf.
12 Sy krag kalmeer die see.Hy verslaan die seemonster.
13 Sy wind waai die lug skoonen Hy vernietig die vlugtende slang.
14 Dit is maar die kleinste van sy werke,’n fluistering van sy kragwat ons hoor!Wie kan dan die grootheid van sy mag begryp?”