1 Job het weer gepraat:
2 “Ja, ek weet,dis alles in beginsel waar.Hoe kan ’n mens onskuldig wees in die oë van God?
3 As iemand met Godna die gereg wil gaan,sou hy Hom een keer uit duisend kon antwoord?
4 God is so wys en so magtig.Wie sal ooit Hom kan teenstaanen ’n saak teen Hom wen?
5 Sonder waarskuwing verskuif Hy berge,keer Hy hulle om in sy woede.
6 Hy skud die aarde uit sy plek, en sy fondamente bewe.
7 Op sy bevel sal die son nie opkom en die sterre nie skyn nie.
8 Hy alleen sprei die hemele uit,Hy wandel op die golwe van die see.
9 Hy maak al die sterre:die Beer, Orion, Sewester en al die sterrebeeldein die suidelike hemelruim.
10 Sy groot werke is te wonderlik om te verstaan.Hy bewerk ontelbare wonders.
11 Wanneer Hy by my kom, sien ek Hom nie.Ek sien Hom nie wanneer Hy verbygaan nie.
12 As Hy deur die dood iemand wegvat, wie kan Hom keer?Wie sal dit waag om te sê:‘Wat doen U nou?’
13 God hou sy toorn nie terug nie,Hy vernietig die helpers van die groot seemonster.
14 “Wie is ek dan om God te antwoordof met Hom te redeneer?
15 Selfs al was ek onskuldig, ek het geen verweer nie.Ek kan maar net by my Regter om genade pleit.
16 Selfs al sou ek Hom dagvaar en Hy daag op, glo ek nie Hy sal na my luister nie.
17 Want Hy val my aan sonder rede,*en sonder oorsaak verwond Hy my.
18 Hy gee my geen kans om asem te skep nie en versadig my met bitter lyding.
19 Hy is die sterk Een.As dit oor krag gaan,as dit oor regspraak gaan,wie kan Hom ooit uitdaag?
20 Selfs al is ek onskuldig, my eie mond sal my veroordeel.Selfs al is ek reg, dit sal net wys hoe verkeerd ek is.
21 “Al is ek onskuldig, dit maak geen verskil nie.Ek verag my lewe.
22 Of ek skuldig of onskuldig is, dit is alles dieselfde.Ek sê jou mos: Hy vernietig die onskuldigeén dié wat kwaad doen.
23 Hy lag wanneer ’n plaag die onskuldige skielik doodmaak.
24 Die hele aarde is in die hande van die kwaaddoeneren God verblind die oë van die regters sodat hulle onreg pleeg. As dit nie Hy is nie, wie anders?
25 “My lewe gaan vinniger verby as ’n naelloper. Dit vlieg verby, sonder dat ek geluk ervaar.
26 Dit verdwyn soos ’n vinnige rietbootjie, soos ’n arend wat afswiep op sy prooi.
27 As ek sou dink: ek gaan ophou kla, my treurigheid laat vaar, en vrolik wees,
28 dan vrees ek steeds al my pyn, want ek weet U beskou my as skuldig, o God.
29 Wat ook al gebeur, ek is reeds skuldig bevind.Hoekom dan nog probeer?
30 Al was ek myself met seep en my hande met wassoda,
31 gooi U my weer in ’n modderpoel.Ek is so vuil dat my eie klere my haat.
32 “God is nie ’n mens soos ek nie. Ek kan nie met Hom redeneer of Hom voor ’n hof bring nie.
33 As daar net iemand was om tussen ons te bemiddelen ons bymekaar te bring!
34 Die middelaar sou dan keer dat God aanhou om my te slaan.Ek sou nie langer in vrees lewe vir sy straf nie.
35 Dan sou ek met Homkon praat sonder om bang te wees.Maar in my eie krag kan ek dit nie doen nie.”