2 “Ek verlang na die ou jare,na die tyd toe God vir my gesorg het,
3 toe Hy die pad voor my oë verlig hetsodat ek veilig in die donkerte kon loop.
4 In my vroegste jare was God ’n vriend in my huis.
5 Die Almagtige was nog by myen my kinders was om my.
6 In daardie dae het my koeie oorvloedig melk gegee en daar het strome olie uit my olyfboorde gevloei.
7 “Ek het na die stadspoort toe gegaanom tussen die geëerde leiers te gaan sit.
8 Jongmense het padgegee as ek aankom.Selfs bejaardes het opgestaanuit respek vir my.