8 Jongmense het padgegee as ek aankom.Selfs bejaardes het opgestaanuit respek vir my.
9 Die leiers het stilgeblyen in stilte bly staan met die hand op die mond.
10 Die belangrikste amptenare van die stad het eenkant stil gestaanen uit respek vir my stilgebly.
11 Almal wat van my gehoor het, het my geprys.Dié wat my gesien het, het goed van my gepraat.
12 Want ek het die armes gehelp in hulle nood,en die weeskind wat niemand gehad hetom hom te help nie.
13 Ek het mense gehelp wat alle hoop verloor het,en hulle het my geseën.Ek het ’n lied gebring in die harte van weduwees.
14 Wat ek ook al gedoen het, was regverdig en opreg.Regverdigheid was oor mysoos ’n kleeden reg het my hoof bedek.