1 Here, hou ’n bietjie in gedagte wat met ons gebeur het. Kyk hoe ons verneder is.
2 Die grond wat ons geërf het, het in vreemde hande beland. Uitlanders besit ons eiendom.
3 Ons is weeskinders wat nie meer ’n pa het nie. Ons ma’s is weduwees.
4 Ons moet betaal vir die water wat ons drink. brandhout moet ons koop.
5 Agtervolgers blaas in ons nek. Ons is moegmaar ons durf nie rus nie.