16 Die kroon het van ons koppe geval. Dit gaan sleg met ons, want ons het sonde gedoen.
17 Dit het ons swak gemaak.Ons oë het dof geword.
18 Die tempelheuwel is verlate. Jakkalse sluip daar rond.
19 U bly dieselfde, Here, vir ewig en altyd.U regeervan geslag tot geslag.
20 Hoekom hou U aan om van ons te vergeet? Hoekom hou U so lank aan om ons te vermy?
21 Lei ons terug na U toe, Here, sodat ons by U kan uitkom. Maak ons lewe weer soos dit vroeër was.
22 Of het U ons dan heeltemal verwerp? Gaan U dan vir altyd vir ons kwaad bly?