2 Die grond wat ons geërf het, het in vreemde hande beland. Uitlanders besit ons eiendom.
3 Ons is weeskinders wat nie meer ’n pa het nie. Ons ma’s is weduwees.
4 Ons moet betaal vir die water wat ons drink. brandhout moet ons koop.
5 Agtervolgers blaas in ons nek. Ons is moegmaar ons durf nie rus nie.
6 By Egipte het ons gevra vir hulp en by Assirië vir kos.
7 Ons voorouers het sonde gedoen,maar hulle is nou al dood. En nou moet ons daarvoor betaal.
8 Slawe het nou ons base geword en niemand kan ons van hulle bevry nie.