2 Wanneer jy gereed staan om te veg, moet die priester nader kom en die volk toespreek.
3 Hy moet vir hulle sê: ‘Luister, Israel! Julle staan nou gereed om teen julle vyande te veg. Moenie bewe nie, moenie bang wees nie, moenie vreesbevange word nie, moenie vir hulle skrik nie.
4 Die Here julle God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te laat behaal.’
5 “Die leiers moet vir die volk sê: ‘Wie het 'n huis gebou en dit nog nie betrek nie? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie in die oorlog omkom en 'n ander sy huis betrek nie.
6 Wie het 'n wingerd geplant en nog nie van sy vrugte geëet nie? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie in die oorlog omkom en 'n ander van sy wingerd eet nie.
7 Wie het verloof geraak maar is nog nie getroud nie? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie in die oorlog omkom en 'n ander met sy verloofde trou nie.’
8 Verder moet die leiers nog vir die volk sê: ‘Wie is bang? Wie bewe? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie sy volksgenote laat moed verloor soos hy nie.’