1 Moses, die man van God, het die Israeliete voor sy dood met die volgende woorde geseën:
2 Hy het gesê:“Die Here kom van Sinai af,Hy laat van Seïr af sy lig oor sy volk skyn,laat dit deurbreek van Paranberg af.Hy kom van waar tienduisende hemelwesens woon,van waar hulle aan sy regterhand hulle plek het.
3 “U, Here, het u volk lief,al die heiliges is in u hand.Hulle sit aan u voete,elkeen luister na u woorde.
4 Moses het ons 'n wet gegee,dit is 'n besitting vir die volk van Jakob.
5 Die Here het koning geword oor Jesuruntoe die volksleiers,al die stamme van Israel, bymekaargekom het.
6 “Ruben moet lewe, hy mag nie sterf nie;hy moet 'n groot volk word.”
7 Oor Juda het Moses gesê:“Here, luister na Juda!Bring hom na sy volk toe;maak hom sterk,wees vir hom 'n hulp teen sy teenstanders.”
8 Oor Levi het Moses gesê:“U tummim en u urim is toevertrou aan u troue dienaar,U het hom by Massa op die proef gestel,U het 'n saak teen hom gehad by die Meribawaters.
9 Hy het van sy pa en ma gesê:‘Ek hou nie rekening met hulle nie.’Hy het sy broers nie erken nie,sy seuns nie as familie beskou nie.Die mense van Levi is gehoorsaam aan u bevele,hulle eerbiedig u verbond.
10 Hulle sal vir Jakob in u bepalings onderrig,vir Israel in u wet.Hulle sal wierookoffers voor U kom neersit,brandoffers op u altaar.
11 Seën sy werk, Here!Aanvaar wat hy doen!Tref sy teenstanders waar hulle krag sit,tref sy haters sodat hulle nie weer opstaan nie.”
12 Oor Benjamin het Moses gesê:“Wie deur die Here bemin word, is veilig by Hom,skuil altyd by Homen leef onder sy beskerming.”
13 Oor Josef het Moses gesê:“Mag sy land deur die Here geseën word:met die beste uit die hemel, met douen met die beste uit die water diep onder die grond,
14 met die beste wat deur die son gegee kan worden met die beste wat deur elke maand opgelewer kan word,
15 met die beste uit die gryse bergeen met die beste uit die ou-ou heuwels,
16 met die beste uit die aarde en wat daarop isen met die toegeneentheid van Hom wat woon in die doringbos.Mag dit alles op Josef kom,op hom wat heerser is oor sy broers.
17 Hy sal trots wees soos 'n jong bul,so sterk soos 'n buffel.Hy sal volke met sy krag rondjaag,almal saam tot in die uithoeke van die aarde.Mag die tienduisende van Efraim so weesen ook die duisende van Manasse.”
18 Oor Sebulon het Moses gesê:“Jy moet bly wees, Sebulon, as jy op pad gaan;Issaskar, jy moet bly wees as jy by die huis bly.
19 “Hulle twee nooi volke na die berg toeen offer daar die offers wat voorgeskryf is.Hulle twee geniet die oorvloed uit die see,die skatte wat deur die sand bedek word.”
20 Oor Gad het Moses gesê:“Geseënd is elkeen wat vir Gad woonplek gee.Hy lê soos 'n leeu, sterkes en leiers is sy prooi.
21 Gad het die beste vir hom gekies,want sy land is 'n uitsoekdeel, 'n terrasland.Gad het met die leiers van die volk gekomen die wil van die Here gedoenen saam met Israel die bepalings van die Here nagekom.”
22 Oor Dan het Moses gesê:“Dan is 'n jong leeu,hy bespring sy prooi van Basan af.”
23 Oor Naftali het Moses gesê:“Naftali geniet baie guns,hy word ryklik geseën deur die Hereen besit die see en die suide.”
24 Oor Aser het Moses gesê:“Aser is meer geseënd as die ander seuns,hy is die gunsteling onder sy broersen hy sal sy voete met olie was.
25 Jou sluitbalke is van yster en brons.Mag jy jou lewe lank rustig woon.
26 “Jesurun, daar is niemand soos God nie,Hy ry deur die hemel om jou te kom help,in sy majesteit ry Hy op die wolke.
27 Die ewige God is 'n skuilplek,sy arms is altyd onder jou.Hy verdryf die vyand voor jou uit,Hy beveel: ‘Roei uit!’
28 Daarom woon Israel rustig,woon die nasate van Jakob eenkant in 'n land van koring en wyn en drup die hemel dou.
29 Dit gaan goed met jou, Israel!Wie is soos jy? Jy is 'n volk wat deur die Here verlos is!Hy beskerm en help jou.Hy gee mag aan jou,jou vyande kruip voor jou,en jy sal oor hulle offerplekke stap.”