4 “Jy mag nie 'n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie.”
5 “Wanneer broers saamwoon, en een van hulle sterf sonder 'n seun, mag sy weduwee nie met 'n buitestaander trou nie. Haar man se broer moet met haar trou en so sy verantwoordelikheid nakom teenoor sy broer.
6 Haar eerste seun moet die naam van die afgestorwe broer dra sodat sy naam nie uit Israel uitsterf nie.
7 As die broer nie met sy broer se weduwee wil trou nie, moet sy na die leiers in die stadspoort toe gaan en vir hulle sê: ‘My swaer weier om die naam van sy broer in Israel te laat voortleef. Hy weier om met my sy verantwoordelikheid na te kom teenoor sy broer.’
8 “Die stadsleiers moet hom dan laat roep en met hom praat. As hy daarop staan en bly sê: ‘Ek wil nie met haar trou nie,’
9 moet sy skoonsuster na hom toe kom en in die teenwoordigheid van die stadsleiers moet sy sy skoen uittrek en hom in die gesig spoeg en vir hom sê: ‘So sal dit gaan met die man wat nie vir sy broer 'n huis, 'n nageslag, wil bou nie.’
10 “Dan moet die man en sy huis onder die Israeliete bekend wees as Huis van die uitgetrekte Skoen.”