43 Die stede was: Beser in die Woestynhoogvlakte vir Ruben, Ramot in Gilead vir Gad, en Golan in Basan vir Manasse.
44 Dit is die wet wat Moses vir die Israeliete gegee het:
45-46 die verordeninge en voorskrifte en bepalings wat Moses aan die oostekant van die Jordaan in die vlakte regoor Bet-Peor vir die Israeliete afgekondig het nadat hulle uit Egipte weggetrek het. Bet-Peor was geleë in die gebied van koning Sihon van die Amoriete wat in Gesbon gewoon het en deur Moses en die Israeliete verslaan is nadat hulle uit Egipte weggetrek het.
47 Hulle het Sihon se gebied en dié van koning Og van Basan in besit geneem. Sihon en Og was die twee Amoritiese konings aan die oostekant van die Jordaan,
48 en hulle gebied het gestrek van Aroër op die Arnonoewer af tot by Sionsberg, dit is Hermon,
49 met insluiting van die oostekant van die Jordaanvallei tot by die see in die Jordaanvallei onderkant die Pisgahange.