1 Moses het die hele volk bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Israeliete, luister na die voorskrifte en die bepalings wat ek vandag hier in julle teenwoordigheid aankondig. Julle moet dit leer, dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.
2 Die Here ons God het by Horeb 'n verbond met ons gesluit.
3 Dit is nie ons voorvaders met wie Hy hierdie verbond gesluit het nie, maar ons, ons almal wat hier is en nou lewe.
4 Ja, met julle persoonlik het die Here op die berg uit die vuur uit gepraat.
5 Ek het destyds tussen die Here en julle gestaan om die gebod van die Here aan julle deur te gee, want julle was bang vir die vuur en julle het nie teen die berg uitgeklim nie.“Die Here het gesê:
6 “ ‘Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.
7 Jy mag naas My geen ander gode hê nie.