1 Daarna het Moses en die Israeliete hierdie lied vir die Here gesing. Hulle het gesê:“Ek wil sing vir die Here,want Hy is die Groot God.Hy het die perdeen die manne wat op hulle ry,in die see gegooi.
2 Ek kry my krag by die Here,Hy maak my sterk.Hy het my gered.Hy is my God,en ek sal Hom prys.Hy is die Godvan my voorvaders,en ek sal Hom eer.
3 Die Here kan oorlog maak,sy Naam is die Here.
4 Hy het die faraose oorlogkarreen sy soldatein die see gegooi,die farao se beste soldatehet in die Riet-see verdrink.
5 Die water het hulle toegemaak,hulle het diep ondertoe afgesaken gesink soos klippe.