11 moet jy praat met die profete wat die muur geverf het wat sal val. Jy moet vir hulle sê: Ek sal dit hard laat reën en dit sal hael, en Ek sal ’n stormwind laat waai.
12 Julle moet dit weet, wanneer die muur val, dan sal mense vir julle vra: ‘Waar is die kalk waarmee julle die muur geverf het?’ Hulle sal dit vra, dit is seker.”
13 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek is kwaad vir julle omdat julle dit gedoen het. Ek sal stormwinde laat waai en Ek sal dit hard laat reën en Ek sal hael stuur wat alles stukkend slaan.
14 En Ek sal die muur afbreek wat julle geverf het, die klippe sal op die grond lê en mense sal sy fondamente kan sien. Julle sal tussen die klippe sterf. Julle sal weet dat Ek die Here is.
15 Ek sal die muur afbreek en Ek sal die mense wat dit geverf het, aanhou straf totdat Ek nie meer kwaad is nie. Ek sal vir julle sê: Daar is nie meer ’n muur nie, en die mense wat dit geverf het, lewe nie meer nie.
16 Hulle is die profete van Israel wat vir die mense van Jerusalem gesê het dat Ek hulle gestuur het en vir hulle gewys het daar sal vrede wees, maar toe was daar nie vrede nie.”Dit is wat die Here gesê het.
17 Die Here het ook vir my gesê: “Mens, jy moet na die vroue van jou volk kyk wat self besluit het om profete te wees, en jy moet hierdie boodskap van My vir hulle bring.