1 Die Here het gesê: “En jy, mens, jy moet ’n klaaglied begin sing oor die konings van Israel.
2 Jy moet sê:“Jou ma was ’n groot leeu-wyfie tussen die leeus.Sy het tussen die jong leeus gelêen sy het haar klein welpies grootgemaak.
3 Sy het een van haar welpies gekies,en hy het ’n sterk jong leeu geword.Hy het geleer om vir homself kos te vang,hy het mense geëet.
4 Maar die ander volke het gehoor van homen hulle het hom in ’n vang-gat gevang,hulle het hom met groot ysterhoekena Egipte gebring.
5 Die leeu-wyfie het gesiendat haar plan nie geslaag het nie.Sy het ’n ander welpie geneemen sy het hom ’n sterk jong leeu gemaak.
6 Hy het tussen die leeus rondgeloopen hy het ’n groot jong leeu geword.Hy het geleer om vir homself kos te vang,hy het mense geëet.