3 Sy het een van haar welpies gekies,en hy het ’n sterk jong leeu geword.Hy het geleer om vir homself kos te vang,hy het mense geëet.
4 Maar die ander volke het gehoor van homen hulle het hom in ’n vang-gat gevang,hulle het hom met groot ysterhoekena Egipte gebring.
5 Die leeu-wyfie het gesiendat haar plan nie geslaag het nie.Sy het ’n ander welpie geneemen sy het hom ’n sterk jong leeu gemaak.
6 Hy het tussen die leeus rondgeloopen hy het ’n groot jong leeu geword.Hy het geleer om vir homself kos te vang,hy het mense geëet.
7 Hy het by hulle weduwees geslaapen hy het hulle stede verwoes.Almal in die land het bang gewordwanneer hy brul.
8 Maar mense het die volkebymekaargebring teen hom,die volke uit al die lande rondom hom.Hulle het hulle vangnet oor hom gegooien hulle het hom gevang in hulle vang-gat.
9 Toe het hulle hom in ’n hok gesiten hulle het hom met ysterhoekena die koning van Babel gebring.Niemand het weer gehoor dat hy brulop die berge van Israel nie.