1 Ek het gehoor die Here sê vir my:
2 “Mens, daar was twee vroue, hulle was dogters van dieselfde ma.
3 Toe hulle jonk was in Egipte, het hulle begin om by mans te slaap. Dáár, toe hulle nog jongmeisies was, het mans al aan hulle borste begin voel.
4 Die naam van die oudste dogter was Ohola, en haar suster was Oholiba. Hulle het my vroue geword en hulle het seuns en dogters gekry. Ohola is ’n naam vir die stad Samaria, en Oholiba is ’n naam vir die stad Jerusalem.
5 “Maar Ohola was ontrou aan My. Sy was baie verlief op die Assiriërs wat naby haar was.