23 Mense van die stede Haran,Kanne en Eden,handelaars van die lande Skeba,Assirië en Kilmadwas ook jou handelaars.
24 Hulle het baie mooi klere,skouerdoeke van blou en bont materiaal,bont matte en sterk, gedraaide touvir jou gegee vir jou goed.
25 Skepe van Tarsis het geseilom vir jou goed te koop en te verkoop.Jy was ’n skip vol swaar goedin die middel van die see.
26 Jou manne wat jou geroei het,het jou ver in die diep see gebring,en daar het die sterk oostewindjou stukkend gebreekin die middel van die see.
27 Toe jy daardie dag sink,het alles saam met jou gesinkin die middel van die see:alles wat jy gehad heten wat jy geruil het, jou matrose,die manne wat die plekke moes toemaakwaar water ingekom het,jou handelaars, al jou soldate,al jou mense wat op jou was.
28 Die land het gebewetoe jou matrose begin skreeen vra dat iemand hulle moet help.
29 Al die manne wat roei,het afgeklim van hulle skepe,en die matrose het op die landgaan staan.