25 Skepe van Tarsis het geseilom vir jou goed te koop en te verkoop.Jy was ’n skip vol swaar goedin die middel van die see.
26 Jou manne wat jou geroei het,het jou ver in die diep see gebring,en daar het die sterk oostewindjou stukkend gebreekin die middel van die see.
27 Toe jy daardie dag sink,het alles saam met jou gesinkin die middel van die see:alles wat jy gehad heten wat jy geruil het, jou matrose,die manne wat die plekke moes toemaakwaar water ingekom het,jou handelaars, al jou soldate,al jou mense wat op jou was.
28 Die land het gebewetoe jou matrose begin skreeen vra dat iemand hulle moet help.
29 Al die manne wat roei,het afgeklim van hulle skepe,en die matrose het op die landgaan staan.
30 Hulle het hard begin skree oor jou,hulle het gehuil en gevradat iemand hulle moet help,hulle het stof op hulle koppe gegooien hulle het op die ashoop rondgerol.
31 Hulle het hulle koppe kaal geskeeroor jou en hulle het rouklere aangetrek,hulle was hartseer en hulle het gehuil oor jou.Hulle was baie hartseer.