1 Dit sal sleg gaan met julle wat verkeerde wette maak,wette wat party mense verkeerd laat doenen ander mense swaar laat kry.
2 Julle doen nie reg aan die arm mense nie,julle doen nie reg aan die mensewat hulleself nie kan help nie,julle vat die weduwees en die weeskinders se goed.
3 Wat sal julle doen wanneer die Here julle strafen dit sleg laat gaan met julle?Na wie toe sal julle hardloop om julle te help?Waar sal julle al julle goed wegsteek?
4 Die vyande sal julle vangen julle sal voor hulle moet buig,of julle sal sterf in die oorlog.Maar dit was nie genoeg vir die Here nie.Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.
5 Dit sal sleg gaan met die Assiriërs.Hulle was vir My ’n kierie en ’n stok.Ek slaan my volk met die kierie,want Ek is kwaad vir hulle.