1 Die Here was kwaad vir die mense van die stad Tirus en Hy het teen hulle gepraat.Manne op die skepe van Tarsis,julle moet huil,want Tirus is verwoes.Daar is nie meer huise nieen daar is nie meer ’n hawevir die skepe nie.Julle het dit gehoortoe julle teruggekom hetuit Kittiër-land.
2 Julle wat langs die see woon,julle moet stil wees.Die handelaars van Sidonhet julle ryk gemaak.
3 Hulle het uit Egipte koringoor die see na Tirus gebringen hulle het dit aan baie volke verkoop.
4 Mense van Sidon,julle weet nie wat om te doen nie,want die stad wat sterk mure het,die stad by die see,het gepraat en gesê:“Ek het nooit kinders gekry nie,ek het nie jongmans en dogtersgrootgemaak nie.”
5 Wanneer die Egiptenaars dit hoor,dan sal hulle skrikoor wat met Tirus gebeur het.Hulle sal sê:
6 “Julle wat langs die see woon,julle moet na Tarsis gaan,julle moet huil.
7 Is dit die stadwaar die mense vrolik was?Is dit die stadwat al so lank daar is?Is dit die stad van waar mense gegaan heten op ver plekke gaan woon het?
8 Wie het besluitdit moet met Tirus gebeur?Tirus het konings gekiesen aangestel om te regeer.Tirus se handelaars was prinse,hulle was die belangrikste menseop die aarde.”
9 Die Here wat oor alles regeer,Hý het dit besluit.Hy het besluitom hoogmoedige mense te straf,
10 om die belangrike mensevan die aarde te verneder.Mense van Tirus,julle moet nou in die grond werksoos die Egiptenaars,want daar is nie meer ’n hawevir julle skepe nie.
11 Wanneer die Here sy handuitsteek oor die see,dan bewe die konings en hulle mense.Die Here het gesêdie vyande moet die stede verwoesin die land van die Fenisiërs,die stede wat sterk mure het.
12 Die Here het gesê:“Sidon, jy sal nie meer vrolik weesen feesvier nie.Die vyande sal jou verwoes.Gaan na die Kittiërs toe.Maar jy sal ook nie daarkan rus nie.
13 Kyk wat het gebeurmet die mense van Babel,hulle is nie meer ’n volk nie.Die Assiriërs het oorlog gemaakteen die staden hulle het die mooi huise verwoes.Babel is nou net ’n hoop grond,’n plek waar woestyn-diere woon.
14 Die manne op die skepe van Tarsismoet huil,want Tirus is verwoes,die stad waar hulle veilig wasin die storms.”
15 In daardie tyd sal die mense vir Tirus 70 jaar lank vergeet. Dit is so lank soos ’n koning lewe. En wanneer die 70 jaar verby is, dan sal Tirus wees soos die slegte vrou van wie hulle in die lied sing. Die woorde van die lied is:
16 Die mense het jou vergeet,slegte vrou.Neem jou lieren loop deur die stad,speel mooi op die lier en sing baie,dan sal die mense weer weetdat jy daar is.
17 Wanneer die 70 jaar verby is, dan sal die Here weer vir Tirus sorg. Die mense van die stad sal weer dinge koop en verkoop by al die volke van die wêreld,
18 maar hulle sal nie hulle geld in die stad bêre nie. Die geld sal aan die Here behoort, en die mense wat die Here dien, sal vir hulleself genoeg kos en mooi klere kan koop.