1 Daar is ’n volk wat ander volkese lande verwoes het,maar niemand het daardie volkse land verwoes nie.Daar is ’n volk wat ander volke verraai het,maar niemand het daardie volkverraai nie.Dit sal sleg gaan met daardie volk.Wanneer hulle klaar verwoes heten klaar verraai het,dan sal ander volke daardie volk verraaien hulle sal daardie volk se land verwoes.
2 Here, wees asseblief genadig vir ons,ons wag dat U ons moet help.Maak ons elke oggend sterk,red ons, want ons kry swaar.
3 Wanneer U praaten die volke hoor u stem,dan vlug hulle.Wanneer U opstaan en nader kom,dan vlug die volke.
4 Ander volke sal die goed wegvatwat daardie volk gevat het.Die ander volke sal soos sprinkane komen hulle sal alles wegvat.
5 Die Here is bo almal,want Hy woon in die hemel.Hy sal sê,en die mense in Sionsal almal weer reg doenen regverdig wees.
6 Hulle sal altyd die Here vertrou.Hy sal hulle reden Hy sal vir hulle wysheid en kennis gee.Hulle sal die Here dien,dit sal hulle ryk maak.
7 Luister hoe roep die mensevan Jerusalem.Hulle vra dat die Herehulle moet kom help.Luister hoe huil die boodskapperswat moet sê daar is vrede.
8 Niemand loop op die paaie nie,niemand kom verby nie.Die vyand het sy ooreenkomsmet ons gebreek.Hulle het ons stede maklik oorwin,ons mense kon hulle nie keer nie.
9 Die land treur, alles word droog,die Libanon-berg lyksoos ’n mens wat bleek is,die plante op die berg word droog.Die Saron-vlakte is soos die woestyn.Die bome in die land Basanen op die Karmel-bergse blare val af.
10 Die Here sê: “Ek sal nou opstaanen doen wat Ek wil doen.
11 Alles wat julle doen,is soos droë gras en kaf.Julle het self ’n vuur aangesteek,maar julle sal brand in daardie vuur.
12 Volke sal verbranden hulle sal as wordsoos doringbossies wat iemand afkapen aan die brand steek.
13 Volke wat ver is,volke wat naby is,julle moet hoor wat Ek doen,julle moet weet hoe sterk Ek is.”
14 Die sondaars in Sion skrik,die slegte mense begin bewe.Hulle sê: “Watter mense kan woonby ’n vuur wat alles verbrand?Wie kan woon by ’n vuurwat altyd aanhou brand?
15 Dit is die mense wat reg leween wat die waarheid praat,die mense wat nieander mense se goed vatom hulleself ryk te maak nie,die mense wat nie presente vatom verkeerd te doenaan ander mense nie,die mense wat nie luisterna planne om mense te vermoor nie,die mense wat nie verkeerdwil doen nie.
16 Hierdie mense sal hoog in die berge woonen hulle sal veilig wees agter die rotse.Hulle sal kos kry,en hulle sal altyd water hê.”
17 Julle sal self ’n koning sienwat mooi klere dra,en julle sal sien die land is groot.
18 Dan sal julle onthouhoe julle geskrik hettoe die vyande julle goed getelen geweeg het om dit saam te vat,en die torings getel het om dit af te breek.
19 Maar julle sal nie weerdaardie hoogmoedige volk sien nie,daardie volk wat ’n taal praatwat julle nie kan verstaan nie.
20 Kyk na Sion, na Jerusalem,die stad waar ons bymekaarkomom fees te vier.Julle sal sien dit is ’n plekwaar julle veilig kan woon.Dit is soos ’n tentwat niemand afslaan nie,niemand trek die tent se penne uit nie,en die toue breek nie.
21 Die Here sal daar vir onsdie God wees wat Koning is,dit sal ’n plek wees waar daar riviereen groot waterstrome is,maar die roeibote en die oorlogskepevan die vyandesal nie daar kom nie.
22 Ja, die Here is ons Regter,die Here is ons Leier,die Here is ons Koning.Hy sal ons red.
23 Die toue van die vyandese skepe hang pap,die toue hou nie die maspaalvan die skip regop nie,die maspaal waaraan die seile is,en die toue hou nie die seilestyf nie.Daar is baie goedwat julle kan vat,ook die lam mensesal alles vat wat hulle wil.
24 Niemand in Jerusalemsal sê hy is siek nie.Die Here het die sonde vergewevan die mense in die stad.