1 Jy sal daardie dag sê:“Here, ek wil U prys,want U was kwaad vir my,maar U is nie meer kwaad nieen U het dit weer goed laat gaan met my.
2 U is die God wat my sal red.Ek glo dit, en ek sal nie bang wees nie.Die Here maak my sterk en bly.Hy is my Redder.”
3 Julle sal bly wees en juigwanneer julle water skepuit die Fontein van redding.
4 Julle sal daardie dag sê:“Prys die Here,sê vir almal wie Hy is,vertel vir al die volkewat Hy gedoen het,sê vir hulle Hy is belangriker as alles.
5 Sing en prys die Here,want Hy het ’n wonderlike ding gedoen.Sê dit vir al die mense op die aarde.
6 Julle wat in Sion woon,julle moet vrolik wees en juig,want die Heilige God van Israel is by julle,en Hy is sterk.”