26 Ek, die Here wat oor alles regeer, sal hulle slaan met ’n sweep soos Ek die Midianiete by die Oreb-rots geslaan het. Ek sal my kierie oor die water uitsteek soos toe Ek die Egiptenaars laat sterf het.
27 Wanneer Ek dit gedoen het, dan sal die Assiriërs julle nie meer laat swaarkry nie. Ek sal hulle juk wegvat van julle nek, dan sal julle nie meer hulle slawe wees nie.”
28 Die Assiriërs kom om oorlog te maak. Hulle kom by die stad Aja, hulle gaan by Migron verby, hulle bêre hulle goed in Mikmas.
29 Hulle gaan oor die berge om in Geba te slaap. Die mense van die stad Rama bewe, die mense vlug uit Gibea, die stad van Saul.
30 Die mense van Gallim moet skree, die mense van Lajesa moet luister. Die mense van Anatot kan hulleself nie help nie.
31 Die mense van Madmena vlug, die mense wat in Gebim woon, probeer wegkruip.
32 Môre sal die Assiriërs in die stad Nob wees. Hulle sal met hulle vingers wys na die berg waar Jerusalem is, waar die tempel staan.